Gallery 4
Die laaste ding waaroor ‘n bruid moet bekommer op haar troudag is haar foto’s, geniet jou troudag en ontspan want die foto’s word professioneel geneem. Ons reel ‘n afspraak en bespreek die troufoto’s oor ‘n koppie koffie. Bly jy in Kaapstad, Weskus of Boland of so ver as Hermanus, dis glad nie ‘n probleem om daar te kom foto’s neem op jou groot dag nie.
Foto’s kan gedruk word in mat sowel as glans afwerking, afhangend van wat jy daarmee wil doen. Indien jy die foto’s gaan raam, is ‘n mat afwerking beter, aangesien die glas in die fotoraam gewoonlik blink.
‘n Cd met al die foto’s wat geneem word, word ingesluit. Nog foto’s kan gedruk word vanaf die cd op jou eie tyd.
Indien jy verkies kan jou foto’s ook op my webverf vertoon word sodat vriende en familie ook daarna kan kyk.
